Mike Oldfield | |
---|---|
Mike Oldfield (Desember 2006) | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Michael Gordon Oldfield |
Gebore | 15 Mei 1953 Reading, Berkshire (Engeland) |
Genres | Wêreld, elektronies, ambience, new age |
Beroep(e) | Musikant, komponis, produseerder |
Instrumente | Kitaar, sintetiese klavier, perkussie, stem, baskitaar |
Jare aktief | 1967 — hede |
Etikette | Virgin (1972 – 1991) Warner Bros. (1992 – 2003) Mercury (2005 – present) |
Assosiasies | Kevin Ayers, David Bedford, Maggie Reilly, Pekka Pohjola |
Webwerf | www.mikeoldfield.com |
Michael Gordon (Mike) Oldfield (gebore 15 Mei 1953 in Reading, graafskap Berkshire) is 'n Engelse multiinstrumentalistiese musikant en komponis wat met 'n musiekstyl werk wat volksmusiek, etniese of wêreldmusiek, Europese klassieke musiek, elektroniese musiek, nuwe era-musiek, dansmusiek, en rockmusiek kombineer wat 'n uitgebreide en ingewikkelde musikale produk tot gevolg het. Oldfield is die meeste bekend vir sy in 1973 vrygestelde album Tubular Bells, wat 'n baanbrekende instrumentele konsepalbum was en die platemaatskappy Virgin Records se loodsalbum was. Hy het veral verdere bekendheid verwerf met sy 1983se treffer "Moonlight Shadow" sowel as vir sy interpretasie van die Kerslied "In Dulci Jubilo".
Oldfield het baie van sy albums self opgeneem en vervaardig, en die meeste van die instrumente wat daarop gebruik is, self bespeel. Hierdie vervaardiging het ook meestal in sy huisateljee geskied. In die 1990's en 2000 het hy hoofsaaklik gebruik gemaak van digitale oudiowerkareas soos Apple Inc. se Logic Pro, Digidesign se Pro Tools, en Steinberg se Nuendo.[1] Oldfield het al opgemerk dat hy die Sibelius-sagteware vir musieknotasie gekombineerd met Apple Macintosh-rekenaars gebruik om die klassieke dele in sy musiek te komponeer.[2] Hy het ook die FL Studio digitale oudiowerkarea op sy dubbelalbum van 2005, Light + Shade, gebruik.[3] Van die mengingkonsole wat Oldfield besit het, sluit in 'n AMS Nerve Capricorn 33238 en 'n Euphonix System 5-MC.